Alexander Upstairs Presents Die Konings

By: Oct. 16, 2018
Enter Your Email to Unlock This Article

Plus, get the best of BroadwayWorld delivered to your inbox, and unlimited access to our editorial content across the globe.




Existing user? Just click login.

Alexander Upstairs Presents Die Konings

Bo en behalwe die feit dat "Die Konings" die nuutste en hotste ding in die Afrikaanse musiek-industrie is, is hulle boonop besonders talentvol daarby (of so glo hulle). Met treffers soos "onder by die whiskey bar", "die Kersfees tossel" en "spuit?" het hulle besluit om die land plat te toer met hulle eerste full blown show "Die Konings". Bel maar solank vir Ouma en vra of sy die kinders sal babysit, want een ding is seker; liedjies soos "jou lekker tjops maak my honger pops" móét jy eenvoudig live sien.

Op 'n minder ernstige noot: "Die Konings" is 'n werkswinkel kabaret wat trek uit die tradisies van drag kings en improvisasie-komedie. Anoecha Krüger, Marelize Viljoen en Elisha Zeeman gebruik hulle manlike alter-ego's om 'n skreeusnaakse satire te skep uit seks, geloof, politiek, en alles tussen in. Omdat die gehoor se bydra so belangrik is beloof elke optrede om 'n unieke ervaring te wees.

Louis Roux is 'n Johannesburgse skrywer van toneelstukke, kort fiksie en ironiese sterretekens. Hy hoop om een dag mediese fonds te kan bekostig.

Andrico Goosen is een van die stigterslede van The Loft Puppet Co. en het onlangs klavierlesse opgeneem.

Talíta Beyl werk as ? wetenskaplike in Johannesburg, waar sy laat in die middernagtelike ure liedjies komponeer vir kabarette en ander avant-garde eksperimentele teaterstukke.

Elisha Zeeman word beskou as ? professionele lesbiër. Haar stokperdjies sluit in: stryk, die Huisgenoot lees en voice notes stuur.

Marelize Viljoen kom van Vredendal (Anna-Mart van der Merwe se geboortedorp).

Anoecha Krüger is die enigste een met 'n legitimate bio.

Book securely online with a credit card for any show at Alexander Upstairs by visiting shows.alexanderbar.co.za or reserve your ticket without paying (but miss out on the discount)

The direct booking page for this particular show is alexanderbar.co.za/show/diekonings



Videos